Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Dec 2016
Die fluister van my hart...
Ek raak stil en luister *** fluister my hart.
Die liggiese geklop in my keel maak my bly oor die lewe wat ek voel. Myne praat van die ope lug so blou, ek hou dit vas, en van die wind wat vry waai sonder om toestemming hoef te vra.
Van die son wat vroeg oggend goud op kom met die begin van nog n nuwe dag, wat warm bak teen jou rug as jy dit die minste verwag.
Van harde hande werk in die kombuis na die tuin wat vra vir bietjie liefde en gesels.
So is die lewe vol lewe, vol kere vir lekker lag.
Ja dit gee mens krag om die mooi te sien, in elke dag. 2016-11-28
Siska Gregory
Written by
Siska Gregory  30/F/Johannesburg
(30/F/Johannesburg)   
1.8k
 
Please log in to view and add comments on poems